Aandklas gaan stampvol wees vir Van Coke Kartel se Stellenbosch-swanesang

’n  Stampvol Aandklas word verwag vir Van Coke Kartel se Stellenbosch-swanesang.

“Dit gaan ’n uitverkoopte show wees,” het Marcus Oosthuizen, Aandklas se eienaar, gesê.

Wynand Myburgh, Jason Oosthuizen, Francois van Coke en Jedd Kossew  FOTO: JACO S. VENTER

Wynand Myburgh, Jason Oosthuizen, Francois van Coke en Jedd Kossew
FOTO: JACO S. VENTER

Hoewel Van Coke Kartel eers tienuur die verhoog betree, word daar verwag dat Aandklas heelwat vroeër sal begin vol raak.

“Mense behoort tussen sewe- en agtuur te kom om seker te maak hulle kry plek,” het Oosthuizen gesê.

Francois van Coke, hoofsanger van Van Coke Kartel, glo hul The Final Tour-optredes is van die beste nóg.

“Die toer se shows was regtig amazing, en van die beste wat ons nog gespeel het,” het Van Coke gesê. “Mense het regtig uitgekom na die shows toe.”

Die aand sal afskop met optredes deur The Vanilla en The Sweet Resistance, waarna Francois van Coke, Jedd Kossew, Wynand Myburgh en Jason Oosthuizen vir die tweede laaste keer ooit saam sal optree.

Die laaste optrede sal Vrydagaand by Mercury Live in Kaapstad wees.

“Dit is lekker om weer die songs te speel,” het Van Coke gesê.

Kaartjies vir Aandklas sal by die deur beskikbaar wees. – Marius Boonzaier

,