Heuwels, die manne en die Big Band Jol

ʼn “Unforgettable” aand met treffers van Frank Sinatra, ‘n medley van die Suid-Afrikaanse legende David Kramer, ʼn splinternuwe liedjie deur Die Heuwels Fantasties en die skreeusnaakse Schalk Bezuidenhout as aanbieder.

Dít was maar net ʼn paar van die verrassings wat Sondagaand op die gehoor gewag het.  

Díe konsert by Coetzenburg was een groot musiekviering, met talle kunstenaars op dieselfde verhoog. Die Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers, Loyiso Bala, Timothy Moloi, Charl du Plessis, Brandon October, Nic Nicolaidis, Bombshelter Beast en Vicky Sampson het saam met Die Big Band Jol gesorg vir ‘n betowerende aand met ‘n verskeidenheid van genres vir oud en jonk.

Die Heuwels Fantasties se bekendstelling van hul splinternuwe liedjie Klein bietjie hoop was ʼn hoogtepunt van die aand. – Dalaine Krige, Lida Malherbe en Tania Heyns.

,