Om graad te kry, kós!

Die Universiteit van Stellenbosch spog met ʼn rekordgetal van 8339 grade vir 2016. Dié grade verwerf kos egter nie net deursettingsvermoë en tyd nie, maar kos studente ook geldelik ʼn arm en ʼn been. Hoeveel geld moet Matie-studente opdok vir ʼn graad?

Klasgelde vir 2017 wissel van R40 047 tot R42 142 per jaar vir ʼn Bsc-graad en R35 332 tot R51 146 per jaar vir ʼn B.Com-graad. Ingenieurswese beloop R52 057 per jaar, Onderwys R34 283 per jaar en ʼn BA-graad jaag studente tussen R34 310 en R42 524 uit die sak.

Dit is ook egter nie die enigste geldelike implikasies nie. Loretta Williams, werknemer by Van Schaik Boekwinkel in die Neelsie vertel dat studente hierdie jaar min of meer R6000 vir handboeke moet begroot, dan is daar ook internet, verblyfkostes en allerhande ander uitgawes. – Tania Heyns en Paula-Ann Smit

 

, ,