Wat is beter: Uber of die Tuk-Tuks?

Studente in Stellenbosch kies om verskeie redes dikwels om nie hul eie vervoer te gebruik nie, hetsy dit as gevolg van die tekort aan parkering is, of omdat hulle weens die gebruik van alkohol nie agter die stuur wil wees nie.

Hulle gebruik dan alternatiewe vervoermiddels, waaronder die Tuk-Tuk- en Uber-dienste die gewildste is.

Veral in die komende reënseisoen, waar dit nie altyd maklik is om te stap nie, is dit nuttig om te kyk watter van hierdie vervoermiddels die beste aan studente se behoeftes voorsien, en wat hulle (plat)sakke die beste sal pas.

Die kenmerkende geel Tuk-Tuk-karretjie by een van die optelpunte in Stellenbosch. FOTO: FACEBOOK

 

  1. Hoe kry ’n mens hulle in die hande?

 

Uber: Om die Uber-diens te gebruik, moet jy die app aflaai, en by die diens ingeteken wees. Op die app kan jy sien of daar ’n motor naby jou beskikbaar is, en ook hoeveel dit sal kos om dit te gebruik.

Tuk-Tuk: Voorheen het die Tuk-Tuk-diens, soos Uber, vereis dat jy aanlyn vir die diens moes inteken, en vooraf vir krediete moes betaal voordat jy daarvan gebruik kon maak. Nou is daar egter die opsie dat jy kontant kan betaal en die diens kan gebruik sonder om in te teken.

  1. Waar tel hulle jou op?

Uber: Met die Uber-diens is daar die voordeel dat jy op enige plek opgetel kan word – hoe lank jy gaan wag hang net af van hoe naby jy aan ‘n Uber-motor is. Die app maak van jou koördinate gebruik, sodat die drywer seker kan wees van waar jy opgetel moet word.

Tuk-Tuk: Die Tuk-Tuk-karretjies ry van en na spesifieke punte regoor Stellenbosch, waarvan daar ’n kaart by die verskeie punte en op die webtuiste, beskikbaar is. Hulle maak dit baie duidelik op hulle webtuiste dat die karretjies slegs tussen hierdie punte ry, en dat geen uitsonderings gemaak sal word nie.

  1. Hoeveel kos dit?

Uber: Volgens die Uber-webtuiste is die huidige tarief vir Uber-gebruikers R5 as basisfooi, en dan R7 per kilometer, en R0.70 vir elke minuut. Daar is egter ‘n minimumfooi van R20 – dus, selfs al ry jy net  ’n kilometer, sal die tarief steeds R20 wees.

Tuk-Tuk: Die nuwe kontantopsie beteken dat studente vir R20 van die diens gebruik kan maak – mits die bestemming op die Tuk-Tuk se roete is.

So, hoe vergelyk die twee werklik met mekaar?Lida Malherbe

,